Brekende Nuus
Afrikaans

SA’ners wat op Gasa-flottielje was, veilig en gesond

Suid-Afrikaners wat op Gasa-flottielje was is veilig en gesond

fotokrediet: X
Suid-Afrikaners wat op Gasa-flottielje was is veilig en gesond fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – Volgens die departement van internasionale samewerking en betrekking is die Suid-Afrikaners wat deel was van die Gasa-flottielje, veilig, gesond en sal binnekort op pad wees huis toe.

Lees ook: Mandla Mandela deur Israel aangehou ná flottielje voorgekeer is

Die departement het gister bevestig die spesiale span het met die Suid-Afrikaners by die Negev-tronkfasiliteit in Israel vergader en het bevestig hulle is veilig en gesond.

Chrispin Phiri, woordvoerder vir die departement, het gesê: “Die nodige prosedures om hulle veilig terug te kry in Suid-Afrika is aan die gang”.

Die Suid-Afrikaners was deel van ‘n groep van sowat 400 mense wat Israel se vlootblokkade op Gasa wou breek. Die bote is Donderdag en Vrydag deur die Israeliese vloot gekeer voordat dit Gasa kon bereik.

Bronne: IOL, EWN, SABC News

Lees ook: Mandla Mandela deur Israel aangehou ná flottielje voorgekeer is