Lees ook: Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan Vrydag voort
MAHIKENG. – Agnes Setshwantsho sal na verwagting vandag uitvind of haar borgaansoek suksesvol was.
Setshwantsho het Maandag in die hof vir haar borgaansoek. verskyn. Die hof gehoor het sy is ’n vlugrisiko. Haar verdediging het gesê sy moet om mediese redes en om haar seun se besittings in Kaapstad te gaan haal vrygelaat word.
Setshwantsho word aangekla van moord, bedrog en regsverydeling. Sy het glo haar niggie doodgemaak vir haar lewensversekering.
Setshwantsho is ook die hoofverdagte in die moord van haar seun. Die dood van haar man, twee dogters en broer word ook ondersoek.
Die ondersoekbeampte en ’n getuie in die saak het glo doodsdreigemente ontvang wat nou ook ondersoek word.
Bronne: OFM, EWN, Newsroom Afrika
Lees ook: Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan Vrydag voort





