AIG maak geskiedenis – 11de konsert bygevoeg ná rekordverkope en -aanvraag

Lees ook :

Foto: Fanie Nel

GAUTENG. – ’n 11de konsert van die gewilde Afrikaans is Groot-produksie is bygevoeg, nadat die eerste tien vertonings vir 2026 binne ure uitverkoop is. Kaartjieverkope het op Dinsdag 31 Maart om 10:00 geopen en was teen 19:00 uitverkoop.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê volgens Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is Groot, het die oorweldigende aanvraag na kaartjies die organiseerders genoop om nog ’n geleentheid vir aanhangers te skep. Hy het ondersteuners bedank vir hul entoesiasme en gesê dit wys die sterk vertroue wat die publiek in die produksie het.

Nel bevestig die ekstra konsert vind plaas op Woensdag 25 November om 19:30 by die SunBet-arena in Pretoria. Kaartjies vir dié vertoning sal vandag (1April) beskikbaar wees.

Daar is ook groot afwagting oor watter kunstenaars vanjaar op die verhoog sal wees. Volgens Coleske sal die volledige lys nie nou bekend gemaak word nie, maar hy belowe dat daar weer verrassings sal wees en dat aanhangers nie teleurgesteld sal wees nie. Afrikaans is Groot bly een van die land se gewildste musiekgeleenthede en lok jaarliks duisende mense van regoor Suid-Afrika. Die 2026-konsert beloof om weer groter en meer onvergeetlik as ooit te wees.

Die 2026-konserte vind plaas op 20, 21, 22, 27, 28 en 29 November by die SunBet-arena in Pretoria. ‘n Gelukkige kaartjiekoper kan deur te raai wie die jaar op die verhoog is, kaartjiegeld terugwen. Raaiskote kan hier ingedien word: https://bit.ly/RaaiEnWen 

Die 2025-konsertalbum is nóú op alle stroomdienste soos Apple Music, Spotify en YouTube Music beskikbaar. Die konsert is op YouTube en DStv Catch Up beskikbaar om te kyk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief