GAUTENG. – Altesaam elf verdagtes is Sondagoggend op aanklag van petroldiefstal by ‘n brandstofaanleg in Meyerton in hegtenis geneem.
Lt.kol. Christopher Singo, nasionale woordvoerder vir die Valke, sê inligting is ontvang dat ‘n roof by die betrokke brandstofaanleg beplan word, waarna die plek dopgehou is. Twee petroltenkwaen is waargeneem wat die perseel binnegegaan het. ‘n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die betrokke brandstofaanleg onder administrasie geplaas is. Daar word ook vermoed dat veiligheidspersoneel wat die perseel bewaak het, met nege van die verdagtes saamgesweer het.
Die elf verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.








