IRAK. – Ses plaaslike amptenare is in aanhouding geneem ná 61 mense Woensdag tydens ’n brand by ’n nuwe winkelsentrum in Irak omgekom het.
Lees ook: Meer as 60 mense dood ná winkelsentrum in Irak brand
Die minister van binnelandse sake het gesê die voorlopige ondersoek ná Woensdag se brand het bevind “daar was duidelike nalatigheid van verskeie amptenare en werkers” in Kut, waar die brand plaasgevind het. Ses amptenare by die Kut-munisipaliteit is in aanhouding geneem en 17 werkers is tot verdere kennisgewing geskors.
Die ondersoek is steeds aan die gang. ’n Getuie het aan die AFP-nuusagentskap gesê ’n lugverkoeler het op die tweede verdieping van die winkelsentrum ontplof en die brand veroorsaak.
Bronne: The Guardian, Alarabiya, Tempo English
Lees ook: Meer as 60 mense dood ná winkelsentrum in Irak brand




