Appel en Ichnus span kragte saam met hul nuwe enkelsnit, Jy Sallie?, ’n energieke kuierliedjie wat die humor, kameraadskap en soms ondeurdagte planne tussen goeie vriende besing.
Fanie Nel van die Coleske Groep sê die liedjie speel in op ’n bekende situasie: ná ’n lang werksweek besluit pelle om net gou een te gaan drink, maar die kuier ruk gou handuit en voor hulle hul oë uitvee, is dit lank ná middernag.
Volgens Appel lê die humor juis daarin dat almal daardie een vriend ken wat altyd met ’n plan vorendag kom. Jy Sallie? word die vraag wat ’n mens laat wonder of jy nie maar saam moet gaan nie, selfs wanneer jou gesonde verstand jou waarsku. Die liedjie vier die spontane oomblikke en lawwe stories wat tussen vriende ontstaan. Die vraag is: Wie is daardie een pel vir wie jy nooit “nee” kan sê nie?
Kry Jy Sallie? hier op alle stromingsdienste.