Appel se dogter breek arms met bergfiets-val

Lees ook :

Foto's: Appel

Luna-Belle (11), dogter van die sanger Appel, oftewel Christoph Kotze, is Saterdag in ‘n hospitaal opgeneem toe nadat sy met ’n bergfiets geval en albei haar arms gebreek het.

Volgens Appel het die voorval kort voor ’n vertoning in Parys plaasgevind, toe Sally-Ann, sy vrou, hom gebel en gesê het dat Luna na die Kloof-hospitaal geneem is ná die ongeluk. Hy beskryf dit as ’n skrikwekkende oomblik wat alles skielik tot stilstand gebring het.

Luna het egter volgens hom die besering met merkwaardige kalmte en moed hanteer. Haar een arm is in gips en die ander gespalk. Volgens Appel het sy “yster prinses” ten spyte van die pyn steeds probeer grappies maak en positief gebly.

Die jonge Luna het tuis breed geglimlag vir ‘n foto toe haar fiets gehaal is en sy boonop ‘n omgeepakkie ontvang het.

Lees die volledige plasing hier onder:

Baie dankie aan Casa Cara en die mense van Parys vir ’n besonderse aand. Daar is plekke wat ’n mens onthou oor die musiek, en dan is daar plekke wat jy onthou oor die mense. Gisteraand was só ’n plek.

Net voor die vertoning het Sally my gebel om te sê hulle is op pad hospitaal toe. Luna het met haar bergfiets geval en al twee haar arms gebreek. Skielik voel alles vir ’n oomblik klein en stil. Maar tussen die skrik deur, staan mens weer verstom oor hoe braaf ’n kind kan wees.

Luna het die hele ding met ongelooflike moed hanteer. Min trane. Min kla. Net daardie stil klein dapperheid wat mens soms in kinders sien terwyl die grootmense eintlik die benoudheid voel. Sy lê daar met een arm in gips en die ander gespalk en maak nog grappies. Dis hoekom ek haar my yster prinses noem. Nie omdat sy nooit seerkry nie, maar omdat sy nie haar lig verloor wanneer sy seerkry nie.

En dankie aan Kloof Hospital vir julle ongelooflike sorg en kalmte. Julle kyk mooi na Luna.

Appel het Maandag gesê: Marcel en Steph van LCC het vandag nie net kom draai nie. Hulle het opgedaag. Luna se fiets kom oplaai en sommer ’n behoorlike specialized “word beter”-pakkie ook kom aflaai. Min praat. Groot harte. Goeie dade. Baie dankie manne. Julle het vandag ’n verskil gemaak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief