Apple-aandele tuimel weens prysstyging

Lees ook :

Foto bron: NBC News

KALIFORNIë.Die tegnologiereus Apple se aandele het Donderdag 25 Junie skerp gedaal. Dit volg nadat die maatskappy pryse van sy kenmerkende produkte verhoog het.

Luidens ‘n verslag sê die maatskappy dit is dit om op te maak vir die skielike en drastiese styging in geheuepryse soos RAM en SSD-stoorplek, wat deur die KI-oplewing veroorsaak is.

Apple sê die KI-gedrewe vraag na geheueskyfies het pryse die hoogte laat inskiet,. Dit is ‘n markdinamika wat sommige “RAMageddon” noem.

Die maaskappy het aangekondig dat sy pryse vir die MacBook Neo-, MacBook Air-, iMac- en iPad-produkreekse styg. Pryse van die iPhone, die Apple Watch en AirPods is nie verhoog nie.

“Die vinnige uitbreiding van KI-datasentrums het ‘n buitengewone styging in die vraag na geheue en berging geskep,” het die maatskappy gesê. “Ons het nog nooit gesien dat ‘n komponentprys so baie en so vinnig styg nie.”

Volgens Apple het hy sy kliënte tot dusver teen verhogings beskerm, maar ‘n punt is bereik waar hulle genoodsaak word om pryse op ‘n aantal produkte moet verhoog.

Teen Donderdagmiddag was die prysstygings reeds in werking.

’n Klein aantal maatskappye –  Suid-Korea se Samsung en SK Hynix, Japan se Kioxia en twee Amerikaanse firmas, Micron Technology en Sandisk – oorheers tans die geheuemark.

Die geheuemark toon ’n tekort as gevolg van die min maatskappye wat dit vervaardig. Verder beïnvloed die massiewe uitbreiding van KI-datasentrums wêreldwyd ook die voorraad voorsiening.

Apple het die geheuetekort as ‘n “ongekende uitdaging” beskryf.

Bron: NBC News | The Verge

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief