April is wêreldwyd maand vir outismebewustheid

Lees ook :

Foto bron: Departement Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede,

Ter herdenking van Wêreldoutismedag het die minister in die presidensie vir vroue, jeug en persone met gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, ’n memorandum van Autism Matters RSA ontvang.

Hierdie dag word jaarliks op 2 April gevier en dien as ‘n fokuspunt vir die maand.

In ’n plasing op sosiale media het die departement foto’s oor die geleentheid gedeel.

https://www.facebook.com/share/p/1CBhaSLATH

Minister Chikunga gesê die regering aanvaar die memorandum “in die gees van vennootskap, aanspreeklikheid en ’n gedeelde verbintenis tot verandering.”

Gift of the Givers sê hulle glo dat elke kind begrip, ondersteuning en die geleentheid verdien om te floreer. Dié organisasie plaas klem daarop dat outisme nie as ’n beperking gesien moet word nie, maar eerder “’n ander manier om die wêreld te ervaar.” 

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word een uit elke 100 kinders met outisme gediagnoseer en kom dit veral onder seuns voor.

Outisme, ’n groep komplekse neuro-ontwikkelingsgestremdhede, word ’n “spektrum” genoem omdat dit by elke individu verskillend voorkom. Wanneer ’n kind met outisme met geduld en deernis onderrig en gelei word, stel dit hulle in staat om, “te skitter,” sê Gift of the Givers voorts.

Bron: https://www.aut2know.co.za/

https://giftofthegivers.org/category/countries/south-africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief