Brekende Nuus
Nuus

Aptekerskonferensie fokus op oplossings vir gesondheidsorguitdagings

Foto: SA Aptekersraad

KWAZULU-NATAL. – Die Suid-Afrikaanse Aptekersraad (SAPC) bied van 11 tot 13 Oktober die vierde nasionale aptekerskonferensie by die Durbanse internasionale konferensiesentrum aan, waar sowat 2 000 aptekers, gesondheidsorgleiers, beleidmakers en ander belanghebbendes oplossings vir Suid-Afrika se gesondheidsorguitdagings sal bespreek.

Glen Bvuma, woordvoerder vir die aptekersraad, sê die konferensie vind plaas onder die tema “A Glimpse into the Future: Advancing Pharmacy Towards 2050.” Besprekings sal onder meer fokus op die regulering van medisyne wat misbruik kan word, insluitend cannabis, kodeïen en gewigsbestuurmiddels, asook die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), toegang tot primêre gesondheidsorg, kunsmatige intelligensie, immunisering en antimikrobiese weerstand.

Die geleentheid sluit Dinsdag met die 2026 Nasionale Pioneer Aptekertoekennings af.