AUSTRALIЁ. – Australië het Iran daarvan beskuldig dat dit verlede jaar die anti-Semitiese aanvalle op ’n kafee in Sydney en ’n sinagoge in Melbourne gereël het.
Lees ook: Drie mense dood in helikopterongeluk
Intellegensiedienste het Iran verbind aan ’n brandstigting by ’n kafee in Sydney in Oktober 2024 en ’n brandstigting by ’n sinagoge in Melbourne in Desember 2024. Hulle het ook bevind Iran was waarskynlik betrokke by ander antisemitiese voorvalle in Australië soos aanvalle op Joodse skole, huise, voertuie en sinagoges sedert die oorlog in Gasa begin het.
Australië het Iran se ambassadeur en drie ander beamptes beveel om die land binne sewe dae te verlaat en het hulle eie diplomate uit Tehran onttrek.
Bronne: BBC, ABC News, New York Times
Lees ook: Drie mense dood in helikopterongeluk





