Baba met hulp van veiligheidsdienste op sypaadjie gebore

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Babaseun is Saterdagoggend met hulp van veiligheidsdienste en ‘n paramedikus wat van diens was, op ‘n sypaadjie in Firwoodstraat in Greenwood Park gebore.

Swift Private Security het net na 07:00 verskeie oproepe vir dringende hulp ontvang vir ‘n vrou wat besig was om op ‘n sypaadjie geboorte te gee. Terwyl die maatskappy se direkteur en gewapende reaksiebeamptes hulle gehaas het om die vrou te help, het die beheerkamer mediese bystand ontbied.

Met aankoms by die vrou het gemeenskapslede gesê die vrou het by Redhill-kliniek in ‘n ry gewag omdat sy olik gevoel het en in die ry begin kraam. ‘n Paramedikus onderweg werk toe en die brandweer het ondanks ‘n gebrek aan mediese toerusting gestop en met die geboorte gehelp.

Swift se veiligheidsbeamptes het ‘n rolstoel voorsien en die mamma met haar baba vir mediese bystand na die kliniek geneem waar hulle vir ‘n staatsambulans gewag het. Die veiligheidsmaatskappy bedank die gemeenskap wat komberse en kussings gebring het.

Volgens Swift het hulle van ‘n verpleegster verneem dit gaan goed met die mamma en babaseun.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief