Baba sterf glo van haardroër se hitte – ma in hof

Lees ook :

Foto: Real Crime News en Courtney Gartshore

SKOTLAND. – Dahlia-Rose, drie maande oud, is na bewering op 30 September 2023 in Peterhead aan aanhoudende en intense hitte van ‘n haardroër blootgestel, wat ernstige brandwonde en haar dood veroorsaak het. Courtney Gartshore (28), wat van strafbare manslag aangekla word, se verhoor duur in die Aberdeen-hooggeregshof voort.

Mediese deskundiges het die hof meegedeel dat die baba vermoedelik aan hitte-uitputting (heatstroke) dood is en dat sy binne sowat 10 tot 15 minute ná bloodstelling kon gesterf het. Hulle het ook getuig dat sommige van die brandwonde moontlik ná haar dood ontstaan het. Forensiese getuienis het bewys dat Dahlia-Rose se DNS op ‘n haardroër gevind is, waarop in Gartshore se slaapkamer beslag gelê is.

Die hof het intussen gehoor dat die aanklaers al die ander aanklagte teen Gartshore laat vaar het, insluitend bewerings van kinderverwaarlosing, onhigiëniese leefomstandighede en die besit van dwelms. Die enigste aanklag wat nou oorbly, is dié van strafbare manslag. Gartshore ontken die aanklag, en die verhoor duur voort.

Bronne: STV News, Daily Record, AOL News (deur PA Media

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief