Bakleiery by skolerugby op video vasgevang

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Wendy Pascoe

GAUTENG. – ’n Video van ’n bakleiery tydens ’n skolerugbywedstryd tussen Hoërskool Menlopark en Hoërskool Dr. E.G. Jansen op Saterdag het op sosiale media versprei. Die opname is deur Wendy Pascoe gedeel. Druk hier om die video-opname te sien.

Volgens inligting wat deur Menlo Rugby bekend gemaak is, het Menlopark se rugbyspanne op hul tuisveld teen E.G. Jansen se spanne uitgedraf. Menlopark het nege van die 13 wedstryde gewen. Hoewel Menlo Rugby die wedstryddag as “harde rugby” beskryf het, is daar geen melding van die bakleiery in die inligting wat deur die skole op hul sosiale media gedeel is nie.

Nuusflits het intussen albei skole om kommentaar oor die voorval genader. Enige terugvoer wat ontvang word, sal by die berig gevoeg word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief