Suid-Afrikaners wat nog ‘n groen ID-boek gebruik, loop glo ‘n groter risiko om slagoffers van bedrog te word. Volgens VerifyNow se 2026-verslag oor identiteitsbedrog het nabootsingsbedrog die hoogte ingeskiet, aangedryf deur die kwesbare groen ID-boek wat steeds deur miljoene Suid-Afrikaners gebruik word.
Die departement van binnelandse sake sê die groen ID-boek is 500% meer kwesbaar vir bedrog as die Slim ID-kaart. Minister Leon Schreiber het planne aangekondig om die druk van groen ID-boeke te staak. Daar is nog sowat 16 miljoen Suid-Afrikaners wat na Slim ID-kaarte moet oorskakel, wat ‘n groot uitdaging bly, al het die departement reeds Slim ID-dienste by meer as 180 bankfiliiale beskikbaar gestel. Reeds ongeveer 28 miljoen Slim ID’s is uitgereik – ver bo die oorspronklike teiken, maar daar is steeds uitdagings met toegang vir alle Suid-Afrikaners.
Bronne: VerifyNow (State of Identity Fraud 2026), BusinessTech, BizNews





