Met Covid-19 is die wêreld op sy kop gedraai en ‘n virtuele begrafnis het die norm geword. Dit het die manier hoe ons dinge doen beïnvloed en ook baie hartseer en smart gebring.
FiND iT het toenemend versoeke gekry om gedenkdienste en begrafnisse uit te saai, sodat geliefdes wat nie die dienste kan bywoon nie, ook op ‘n gepaste wyse kan afskeid neem.
‘n Afsonderlike platform is intussen gestig om die gedenkdienste en begrafnisse apart van die hoof nuusblad aan te bied.
‘n Gedenkdiens en ‘n begrafnis is ‘n heilige gebeurtenis, wat baie versigtig moet hanteer word. FiND iT se bestuur het gevoel dis nie gepas om dit tussen die dag-tot-dag nuusaanbiedinge te plaas nie. Daarom het FiND iT ‘n aparte platform, Virtual Funerals, geskep.
Deur FiND iT skep Virtual Funerals ‘n skakel wat familie en vriende met mekaar kan deel. Deur middel van dié skakel kan familie en vriende die gedenkdiens of begrafnis virtueel bywoon. Die kommentare en boodskappe bly op die skakel en die video van die dag bly ook op die platform – mits die familie dit so verkies.
As jy nie weet hoe jy al jou familie en vriende gaan akkommodeer nie en jy wil hê mense in ander dorpe, stede of lande moet die diens virtueel kan bywoon, kontak [email protected] om uit te vind hoe dit vir jou familie kan werk.
Daar is ook opsies om die gedenkdiensboekie virtueel beskikbaar te stel, ‘n heengaan-aankondiging, ‘n artikel oor jou geliefde, met foto’s en boodskappe. Die virtuele boekie kan ook vir jou saamgestel word.





