Bejaarde egpaar op plaas aangeval en beroof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – ’n Bejaarde egpaar, onderskeidelik 77 en 80 jaar oud, is die naweek op hul plaas buite Bothaville aangeval en beroof in ’n gewelddadige voorval wat tans deur die polisie ondersoek word.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Palesa Thabana, het die voorval Sondagaand omstreeks 20:00 plaasgevind toe die 77-jarige man en sy 80-jarige vrou pas by hul woning aangekom het en deur drie onbekende mans oorval is. Na bewering het die verdagtes, wat handskoene gedra en hul gesigte bedek het, die man met ’n hamer teen die kop geslaan terwyl die vrou deur twee van die aanvallers vasgekeer is.

Die egpaar is daarna die huis in geneem waar hulle met ’n staalstaaf aangerand is en gedwing is om geld te oorhandig. Een van die aanvallers was na bewering met ’n vuurwapen gewapen. Die slagoffers is verder op die bed laat sit, met kleefband gemuilband en hul hande vasgebind, waarna die verdagtes die slaapkamer deursoek het. ’n Rewolwer, vroueklere en skoene, asook ’n onbekende bedrag geld is gebuit voordat die aanvallers van die toneel gevlug het. Die egpaar kon hulself eers later die aand losmaak en het omstreeks 23:30 die polisie ontbied. Albei het ligte beserings opgedoen.

’n Saak van huisroof is geregistreer en ’n soektog na die verdagtes is tans aan die gang. Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting wat kan help met die ondersoek of die inhegtenisneming van die verdagtes om na vore te kom. Kapt. Maleme kan by 082 466 7923 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief