Bejaarde hond se kankerstryd raak hartsnare op sosiale media

Lees ook :

Foto: Life Eugene Marais Hospitaal

GAUTENG. – Die Life Eugene Marais-hospitaal in Pretoria het die harte van diereliefhebbers geraak met ‘n Facebook-plasing oor Sparkles, ‘n bejaarde hond wat tans bestraling vir kanker kry.

Die hospitaal sê Vrydag in die plasing Sparkles word vir selkarsinoom, ‘n vorm van velkanker, in die onkologie-eenheid behandel. Hoewel die hond ook ‘n harttoestand het, vorder die behandeling goed danksy die sorg van ‘n multidissiplinêre span spesialiste. Volgens die plasing staan Sparkles se gemak, waardigheid en lewensgehalte sentraal tot elke besluit wat oor haar behandeling geneem word. Die hospitaal beskryf haar as ‘n toonbeeld van deursettingsvermoë en sê sy bewys elke dag dat veerkragtigheid soms op vier pote kom.

Life Eugene Marais sê dit is ‘n voorreg om deel van Sparkles se behandeling te wees en beklemtoon dat elke pasiënt wat aan hul sorg toevertrou word, of dit nou ‘n mens of ‘n dier is, met dieselfde deernis en toewyding behandel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief