Bejaarde man gesteek tydens plaasaanval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ‘n Bejaarde man (72) en ‘n vrou (68) is Sondag op ‘n plaas in die Joostenbergvlakte-gebied, op die Ou Paarlpad, in Kraaifontein aangeval. Die plaaslike polisie ondersoek ‘n saak van huisroof en poging tot moord.

Volgens Thembakazi Mpendukana, polisiewoordvoerder, dui voorlopige inligting op twee verdagtes wat die huis betree het, waar hulle geld geëis het. Die bejaarde man het in ‘n stuweling met die verdagtes betrokke geraak, waartydens hy met ‘n mes in die voorkop gesteek is. Die toestand van die slagoffer is tans onbekend.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie en die saak word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief