Bejaarde vrou vermoor ná heksery-beskuldiging

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – Nokhansala Sidiki (75) is Saterdagoggend ná beskuldigings van heksery wreed in die Zadungeni-gebied, buite Ngcobo, vermoor nadat familielede glo reg in eie hande geneem het.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, brig. Nobuntu Gantana, was die slagoffer na bewering deur familielede uit haar huis geneem en na ‘n nabygeleë stroom gedra. Sy is glo met ‘n plank aangerand en verdrink. Haar naakte liggaam is later met kneusings aan die kop en gesig, asook wurgmerke om die nek, langs die stroom aangetref. Die verdagtes het gevlug en is nog nie geïdentifiseer nie. Die polisie het getuieverklarings afgeneem en forensiese bewyse word tans ontleed.

Enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief