Bekende sanger se vrou oorlede

Lees ook :

Foto: Danny K

GAUTENG. – Lisa Koppel (née Gundelfinger) is vanoggend in die ouderdom van 41 oorlede. Sy was die vrou van Danny K, bekende sanger, liedjieskrywer en akteur.

Danny K en Lisa is in 2012 getroud en hulle het kinders saam. Yusuf Abramjee, misdaadaktivis, het sy innige meegevoel aan Danny, hul kinders en die Gundelfinger- en Koppel-families betuig. Hy sê sy gedagtes is in dié moeilike tyd by die familie en wens hulle krag en vertroosting toe. Volgens Abramjee sal Lisa se nagedagtenis voortleef en hoop hy dat haar geliefdes ondersteuning en vertroosting by mekaar sal vind. Sy is die dogter van Billy Gundelfinger, ‘n prominente egskeidingsprokureur van Johannesburg.

Danny K het onder meer vier South African Music Awards (SAMA) gewen. Hy het veral bekendheid verwerf met R&B- en popmusiek en het verskeie Suid-Afrikaanse musiektoekennings ontvang. Hy was ook saam met Kabelo Mabalane betrokke by die SHOUT-veldtog teen misdaad.

Foto: Danny K

Bronne: Yusuf Abramjee en Wikipedia

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief