Die Afrikaans Is Groot 2025-musiekvertonings het die afgelope tyd hoogty in die musiekindustrie gevier. Daarmee saam het van die bekendes hierdie jaar weer soos verlede jaar die verhoog met hulle begaafde kinders gedeel.
Paulo Azevedo van die sanggroep EDEN, wat hierdie jaar ‘n verrassende terugkeer tot die verhoog gemaak het en wat ook die Executive Label Manager van die Coleske Groep is, se dogter Mila het met haar danspassies op die verhoog bekoor. Trotse Paulo het ‘n foto daarvan op Instagram gedeel. Die sangers Ricus en Liza Nel se seun Dawid het ook sy verskyning met ‘n kitaar op die verhoog gemaak en Dawid moes boonop later handtekeninge uitdeel.
Wie kan nou die 2024-vertoning vergeet waar pa Franna Benadé en seun Riaan die verhoog gedeel het? Boonop het Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard se tweelingseuns die verhoog behendig met tromme betree.
Kyk na die foto’s en video-opnames hier onder.







