Benjie van NK nuwe MasterChef SA-wenner

Lees ook :

Foto's: Skermgrepe van video-opname Masterchef South Africa

NOORD-KAAP. – Andrew Benjamin, ook bekend as “Benjie Baby” van Kimberley, is as die nuwe wenner van MasterChef South Africa gekroon en het terselfdertyd geskiedenis gemaak as die eerste kampioen uit die Noord-Kaap.

Volgens MasterChef South Africa is Benjie ’n 40-jarige tuiskok wat aan hoëspanning-elektrisiteitslyne regoor die land werk. Benjie het voorheen aan Kokkedoor: Vuur & Vlam deelgeneem, waar hy en sy span tweede geëindig het. Hy is veral bekend vir sy liefde vir kos wat oor ’n oop vuur berei word, met Suid-Afrikaanse geure wat volgens hom deur sy ouma se kombuis geïnspireer is. Hy het nou van tuiskok tot MasterChef South Africa-kampioen gevorder en is die eerste trotse deelnemer uit die Noord-Kaap wat die titel verower.

MasterChef South Africa het Benjie gelukgewens met sy geskiedkundige oorwinning.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief