Beserings, skade toe vragmotor se remme glo faal

Lees ook :

Foto's: Hartbeespoort Emergency Medical Services

NOORDWES. – ‘n Vragmotor, waarvan die remme glo gefaal het, het Dinsdag in Meerhof, Hartbeespoort deur ‘n hek by ‘n woning gery. Die vragmotor is daarna deur die muur van ‘n nabygeleë perseel, waarna dit tot stilstand gekom het.

Hartbeespoort Emergency Medical Services sê drie pasiënte het beserings opgedoen en is op die toneel behandel. Hulle is daarna na ‘n hositaal op Brits vervoer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief