Bewerings oor heksery lei tot brandstigting en baba se dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – Yongama Notshila (25) is tot 20 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis nadat hy sy familielid se woning aan die brand gesteek het uit die oortuiging dat sy tante heksery beoefen. ‘n 1-jarige babameisie het in die brand omgekom.

Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder, sê Notshila is deur die hooggeregshof in Mthatha skuldig bevind aan moord, twee aanklagte van brandstigting, poging tot moord en die besit van gevaarlike wapens. Die hof het gelas dat die meeste van die vonnisse saam met die 20 jaar vir moord uitgedien word.

Volgens die NVG het Notshila glo erken dat hy geglo het sy tante is deur heksery verantwoordelik vir die swak gesondheid van sy oom en ouma. Hy is op 13 September 2020 met ‘n spies en bosmes na haar woning waar hy sy tante se twee kinders teëgekom het. Een van hulle is met ‘n bosmes aangeval voordat albei daarin geslaag het om weg te kom. Hy het daarna twee grasdakrondawels aan die brand gesteek. ‘n Babameisie wat in een van die rondawels geslaap het, het in die vlamme omgekom.

Die hof het ook aangehoor dat die verhoor vertraag is nadat Notshila vir psigiatriese waarneming verwys is. Mediese spesialiste het bevind dat hy weens dwelmmisbruik aan ‘n geestesversteuring ly, maar steeds bevoeg is om verhoor te word en vir sy dade aanspreeklik gehou kan word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief