Bokkieweek onder die vergrootglas

Lees ook :

Foto: Bokkieweek

LIMPOPO. – Bokkieweek, ‘n jaarlikse skolesportbyeenkoms wat van 6 tot 11 Julie in Naboomspruit aangebied is, het onder die vergrootglas beland nadat die voorsitter van die parlement se gekose komitee oor onderwys, wetenskap en kreatiewe nywerhede gevra het dat die departement van basiese onderwys die geleentheid ondersoek.

Die komiteevoorsitter, Makhi Feni, sê die ondersoek moet vasstel of die byeenkoms met die Grondwet se beginsels van gelykheid, nie-diskriminasie en sosiale samehorigheid strook. Volgens hom is dit kommerwekkend dat die geleentheid eers deur mediaberigte onder die komitee se aandag gekom het. Feni wil hê die departement moet ondersoek instel na die kriteria vir deelname, of daar moontlik teen enige leerlinge gediskrimineer is, watter rol skoolhoofde en onderwysers gespeel het en waarom daar beperkte openbare inligting oor die geleentheid beskikbaar was.

Bokkieweek, wat vanjaar sy 35ste bestaansjaar vier, word deur Afrikaner Volkseie Sport (AVS) aangebied. Volgens die organiseerders het sowat 2 800 spelers, 600 beamptes en ongeveer 3 000 ondersteuners van regoor Suid-Afrika aan die toernooi deelgeneem. Die geleentheid fokus op rugby, netbal en hokkie en bring skole uit verskeie streke bymekaar. AVS se hoof- uitvoerende beampte, ds. Peter Stans, het vroeër gesê Bokkieweek bly ‘n belangrike sportgeleentheid waar jongmense op ‘n hoë vlak kan meeding, nuwe vriendskappe kan bou en hul onderskeie unies met trots kan verteenwoordig. Hy het bygevoeg dat die kernwaardes van die byeenkoms oor die afgelope 35 jaar onveranderd gebly het.

Druk hier om meer by Bokkieweek te lees en druk hier om meer oor die regering se bekommernis te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief