Borg geweier vir skoolhoof/pastoor wat glo moord reël

Lees ook :

Foto: NVG

OOS-KAAP. – George Jude Plaatjies (52), ‘n skoolhoof en passtoor wat daarvan beskuldig word dat hy die moord op Zovuyo Mbana, sy minnares, beplan en befonds het, is in die KuGompo-landdroshof borg geweier. Hy staan tereg op aanklagte van moord met voorbedagte rade, sameswering om moord te pleeg en regsverydeling.

Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder, sê Plaatjies het ‘n sentrale rol gespeel in die beplanning en koördinering van die moord. Die hof het gehoor dat die oorledene na bewering in Maart gewurg en versmoor is voordat haar liggaam verbrand en in ‘n woud langs die N6-snelweg naby Stutterheim agtergelaat is. Die staat het aangevoer dat sy vrylating getuies in gevaar sal stel, bewyse kan benadeel en openbare vertroue in die regstelsel sal ondermyn. Borgtog is van die hand gewys nadat die hof met die staat saamgestem het.

Plaatjies, Temoso Manamela (29), Aviwe Jilingisa (40) en Gladys Rethabile Ramodi (28), sy medebeskuldigdes wat vroeër hul eie borgtogansoeke teruggetrek het, bly in aanhouding. Die saak is vir verdere ondersoek tot 3 Junie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief