KWAZULU-NATAL. – Sowat tagtig voertuie is Maandag by ’n skrootwerf in Newlands West in ‘n brand vernietig. Verskeie mense is vir rookinaseming en ligte brandwonder op die toneel behandel.
KZN BBP Beskermingsdienste sê hul nood- mediese diens was saam met die brandweer- en ander veiligheidsdienste op die toneel. Met hul aankoms het die vlamme reeds vinnig van voertuig tot voertuig versprei. Brandbestryders het saam met ander noodspanne gewerk om die vuur onder beheer te bring en om te keer dat dit na omliggende gebiede versprei. Verdere mediese sorg is, waar nodig, vir die beseerdes gereël.
Die oorsaak van die brand word ondesoek.






