Die brandstofprys vir Junie 2026 het ‘n rekord opgelewer. Binnelandse 95-oktaanpetrol het op 3 Junie met R1,43 per liter gestyg tot R28,06 per liter, die hoogste in Suid-Afrika se geskiedenis.
Brandstofprys Junie 2026: diesel daal skerp
Die vorige rekord was R26,74 per liter in Julie 2022. 93-oktaanpetrol kos nou R27,95 per liter. Diesel daal egter aansienlik: 500ppm met R3,25 tot R27,92 per liter en 50ppm met sowat R2,62 per liter.
Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne skryf die dieselverligting toe aan laer internasionale produkpryse. Die petrolstyging volg op die gedeeltelike terugrol van die brandstofheffingverligting en ‘n hoer glytariefheffing.





