Gwede Mantashe, minister van minerale, hulpbronne en energie, het Maandag die nuwe brandstofpryse vir Februarie bekend gemaak. Volgens Mantashe was daar ’n daling in die oliepryse asook ’n daling in die internasionale prys van petrol en daarom die afname in die brandstofprys.
Die rede vir hierdie afname in die brandstofprys is die afname in die vraag na olie weens die reisverbod in China, as gevolg van die koronavirus.
Die dieselprys het met 5 sent per liter gedaal en die petrolprys het met 13 sent per liter gedaal.