IDAHO, VSA. – Twee brandweermanne is dood en ’n derde een is gewond nadat ’n verdagte doelbewus ’n brand begin het en hulle ingewag het om op hulle te skiet.
Lees ook: Soldate dood ná motorbomaanval in Pakistan
Die verdagte het die brandweermanne gister (Sondag) geskiet toe hulle op ’n brand in Canfield Mountain reageer het.
’n Man se liggaam is later gevind naby waar die aanval plaasgevind het en die polisie glo dat hy die verdagte is. Dit is onbekend of die verdagte homself geskiet het en of hy deur die polisie raakgeskiet is.
Die motief vir die skietery is onbekend.
Bronne: BBC, Euronews, NBC News




