Branstofpryse styg skerp van Woensdag af

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Suid-Afrikaners staan van 6 Mei af voor ‘n skerp styging in brandstofpryse, met petrol wat R3.27 per liter duurder word en diesel wat met R6.19 per liter styg. Dit is hoër as wat aanvanklik verwag is en ‘n nuwe rekordprys vir diesel. ‘n Groter prysskok word vir Junie en Julie verwag.

Die departement van mineraal- en petroleumhulpbronne het bevestig dat die byvoeging van die staatslading, wat brandstofmaatskappye vergoed vir prysfluktuasies van die vorige maand, die stygings aansienlik hoër as die aanvanklike vooruitskattings gemaak het. Die kumulatiewe saldo het aan die einde van Maart ‘n tekort van R14.17 miljard getoon. Die R3 per liter brandstofheffingverligting vir petrol bly tot 2 Junie in plek, waarna dit gehalveer word. Vanaf Julie betaal motoriste die volle algemene brandstofheffing van R4.10 op petrol en R3.93 op diesel.

Hier is wat jy vanaf Woensdag betaal:

95-oktaan-petrol – (kus): R25.80/l

95-oktaan-petrol (binneland): R26.33/l

93-oktaan-petrol (binneland): R26.52/l

Diesel – 50ppm (kus): R31.54/l

Diesel – 50ppm (Gauteng): R32.30/l

Paraffien – R4.22/l

LPGAS (Gauteng) – R5.07/kg

Bronne: Department of Mineral Resources and Energy

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief