Bruno met gesin herening nadat hy koeël bedoel vir eienaar oorleef

Lees ook :

Foto's: Animal Anti-Cruelty League Port Elizabeth

OOS-KAAP. – Bruno (8) is in ‘n hartroerende oomblik met sy gesin herenig, nadat ‘n skoot, vir sy eienaar bedoel, hom getref en hy oorleef het.

Animal Anti-Cruelty League Port Elizabeth sê in die plasing Bruno het sy eienaar tydens ‘n skietvoorval beskerm. Die presiese besonderhede van die voorval bly sensitief en word nog ondersoek.

Volgens die organisasie is die belangrikste dat almal ongedeerd is. Bruno se lewensbelangrike organe is net-net deur die koeël gemis. ’n Inspekteur het hom ná behandeling teruggeneem na sy huis en die foto’s van die emosionele hereniging geneem. 9th Avenue Veterinary Clinic is vir hulle diens, professionele sorg en deernis bedank.

Die inskrywing sluit af met ’n boodskap oor die besondere liefde en lojaliteit van honde en hoe anders die wêreld sou lyk as mense dieselfde kon wees.

“Bruno took a bullet for his owner. In animal rescue, there are few happy moments, but today’s family reunion warmed our hearts. 8 year old dog, Bruno, survived a gunshot wound to protect his owner. The exact circumstances surrounding the shooting is sensitive and is still being investigated. For now, the most important thing is that everyone is alive, including Bruno, despite the bullet that just missed his vital organs. Our Inspector Bev took these pictures when she took Bruno home, and saw the whole family come running out to hug him. Thank you so much to the 9th Avenue Veterinary Clinic for their assistance and compassion. Will we ever truly understand the love and loyalty of a dog? Just imagine what a beautiful world it would be if humans were the same.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief