Buitelander wat ‘meisies met vloeistof spuit’ in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – ’n Asiatiese man (33) is in Bloemfontein in hegtenis geneem en het Vrydag op aanklagte van die besit van materiaal vir die seksuele misbruik van kinders in die plaaslike landdroshof verskyn. Verskeie klagtes is deur ouers aangemeld oor ‘n man wat glo by winkelsentrums agter jong meisies geloop en hulle met ‘n onwelriekende stof spuit en dan wegloop.

Luidens ’n verklaring van die polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, word die verdagte daarvan beskuldig dat hy sy slagoffers in die geheim verfilm het. Die polisie het saam met winkelsentrum-veiligheidsbeamptes gewerk om die verdagte op te spoor. Lede van die eenheid vir seksuele en elektroniese misdaad (SECI) het hom in hegtenis geneem.

Tydens ’n liggaamdeursoeking van die verdagte is daar op ’n spuit wat vir diere gebruik word, beslag gelê. Die polisie het verder die man se woonstel deursoek en op onder meer ‘n sekspop en ‘n skootrekenaar afgekom, met op die rekenaar ‘n video wat nie klaar gekyk is nie, van ‘n kind wat seksuele aktiwiteite op ‘n volwassene uitvoer. Die woonstel is dadelik as ‘n misdaadtoneel verklaar. Bykomende aanklagte, insluitend die besit van ’n gevaarlike wapen, aanranding met die opset om ernstig te beseer en oortreding van die immigrasiewet, is by Parkweg-polisiestasie geopen.

Die saak is tot Woensdag uitgestel.

Ouers wat vermoed hulle kinders kon moontlik teikens van die verdagte wees, word gevra om verklarings af te lê of kapt. Bez Bezuidenhout by 071 331 8822 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief