Man in kritieke toestand ná honde-aanval

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ’n Man in sy 30’s is net ná 01:00 vanoggend (Sondag) ernstig beseer toe hy deur vyf honde in sy tuin in Wrenway-weg, Yellow Wood Park, suid van Durban, aangeval is.

Luidens ‘n verklaring van Garrith Jamieson van ALS Paramedics het paramedici op die toneel gevind dat die man veelvuldige bytplekke oor sy hele liggaam opgedoen het en in ’n kritieke toestand was. “Gevorderde lewensondersteuningsparamedici het hom op die toneel gestabiliseer voordat hy dringend na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling,” het Jamieson gesê.

Die man woon op die betrokke perseel en die omstandighede wat tot die aanval gelei het, is in hierdie stadium onbekend. Die polisie was op die toneel en sal die voorval verder ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief