’n Ongeluk met ’n skoolbus vroeër vanoggend het tragies die lewe van ’n onderwyser geëis.
‘n Skoolbus van Laerskool Kathu was onderweg na ’n sportdag op Kuruman in ’n botsing met ‘n vragmotor betrokke. Die ongeluk het op die N14 buite Kuruman in die Noord-Kaap gebeur.
Luidens verslae was die onderwyser wat gesterf het, ’n personeellid van die Laerskool Kathu. Boodskappe van medelye stroom in op sosiale media.
Eerste verslae van die toneel het aangedui dat die leerlinge ongedeerd is. Van die leerlinge is wel vir skok en ligte beserings behandel by nabygeleë hospitale in Kuruman.
Die N14 tussen Kathu en Kuruman was vir ‘n geruime tyd gesluit en motoriste het vertragings ondervind terwyl nooddienste die toneel opgeruim het.
Daar is tans geen duidelik wat presies tussen die bus en die vragmotor gebeur het nie. Die polisie is tans besig om die oorsaak te ondersoek.
Bron: Laerskool Kathu Primary | Departement van Onderwys





