Buurt bly binnenshuis toe vragmotor met byekorwe omslaan

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VSA. – ‘n Buurt in Orange County, Texas, is Sondagoggend toegemaak nadat ‘n 18-wiel- kommersiële vragmotor wat 406 byekorwe vervoer het, omgeslaan en miljoene heuningbye losgelaat het. Die vragmotor het beheer verloor en in ‘n sloot in Mauriceville beland, waarna die sleepwa omgeslaan het. Na raming het sowat 2 tot 24 miljoen heuningbye uit die korwe ontsnap.

Noodhulpamptenare in Orange County, Texas, naby die Louisiana-grens, het Sondagoggend paaie in die omgewing gesluit en inwoners gewaarsku om binne te bly terwyl gewerk is om die sleepwa af te laai en soveel as moontlik van die korwe te red.

Volgens ‘n plaaslike byeboer, Moore, was die vragmotor met korwe onderweg na Noord-Dakota toe die bestuurder verkeerd gery en in ‘n buurt met nou paaie beland het. Hy het probeer om ‘n skerp draai te navigeer toe die sleepwa omgeval het. Nooddienste en plaaslike byeboere, geklee in bybestande oorpakke, het deur die digte swerm gewerk om die bye in die korwe terug te kry en om die wrak veilig op te ruim.

Christie Ray, eienaar van die naburige Queen Bee Supply, het gesê vrywilligers van drie of vier ander byeboerderye in die omgewing is na die ongelukstoneel om te help. Ander plaaslike byeboere het opvangbokse uitgesit om oorblywende dwalende bye op te vang, maar dit sal waarskynlik ‘n ruk neem voordat al die bye uit die area is.

Die toestand van die vragmotorbestuurder en die totale aantal inwoners en noodpersoneel wat bysteke opgedoen het, is steeds onbekend.

Bronne: CBS News, Fox 26 Houston, Fox 7 Austin

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief