Cameron Diaz gaan uit haar “aftrede” van toneelspel tree om saam met Jamie Foxx in ‘n nuwe fliek met die gepaste titel Back in Action te speel.
Die akteur en musikant Foxx het die aankondiging op sosiale media gesuggereer en ‘n telefoongesprek tussen hom en Diaz vrygestel.
Dit volg agt jaar nadat die paar saam verskyn het in wat Diaz se laaste rolprent geword het – ‘n 2014-herverfilming van Annie, waarin sy Miss Hannigan gespeel het.
Diaz (49) het gesê sy was “so angstig”, maar “opgewonde” om terug te keer.
Bronne: BBC, Yahoo
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Jaco Swart verdwyn uit vrees vir lewe, sê prokureur