Brekende Nuus
Nuus

Cameron vra polisie oor aftreeplan vir speurhond Coco

Foto: Ian Cameron

OOS-KAAP. – Ian Cameron het die polisie gevra waar Coco, ’n 12-jarige voormalige dwelmspeurhond wat in die Oos-Kaap diens gedoen het, hom tans bevind en watter opsies oorweeg is om vir hom ’n geskikte aftreehuis te vind. Coco het ná sy onttrekking aan operasionele diens as bloedskenker by die polisie se veeartsenykundige hospitaal gedien. Volgens Cameron is hy nou ook te oud vir dié rol.

Ian Cameron,  DA-LP en voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie, sê hy het van Coco te hore gekom toe hy inligting oor Sky se saak deurgegaan het. Cameron het die polisie om ’n bygewerkte veeartsenykundige beoordeling gevra. Hy sê hy het nog geen bevestiging ontvang dat ’n besluit geneem is om Coco uit te sit nie. 

As Coco met gepaste sorg ’n gemaklike aftrede kan geniet, behoort elke redelike poging volgens Cameron aangewend te word om vir hom ’n tuiste te vind.