Brekende Nuus
Besigheid

Capitec-kliënte betaal halfprys vir Showmax-stromingspakkette

Foto: Canva
Foto: Canva

Showmax, een van Afrika se gewildste stromingsdienste, het ‘n vennootskap met Capitec, die grootste digitale bank in Suid-Afrika, aangekondig om vermaak en sport meer bekostigbaar te maak. Dit laat Capitec-kliënte toe om hul gunstelingprogramme op Showmax te kyk teen slegs die helfte van die prys, indien hulle die stromingskortingkoepons deur die Capitec-banktoepassing koop.

Capitec-kliënte kan nou reeds die koepons, wat vir 30 dae geldig is, aankoop. Die nuwe pakketpryse is soos volg:

Showmax Entertainment:
Standaardprys: R99 
Capitec-prys: R49 

Showmax Entertainment Mobile:
Standaardprys: R45 
Capitec-prys: R22 

Showmax Premier League:
Standaardprys: R69 
Capitec-prys: R34 

Marc Jury, uitvoerende hoof van Showmax, sê: “Ons is trots om saam met Capitec te werk om vermaak selfs meer toeganklik en bekostigbaar te maak. Met ongelooflike pryse wat ons glo kliënte sal gelukkig maak, kry Suid-Afrikaners toegang tot die stories wat hulle liefhet, van oor die wêreld, asook die sokker premier-liga.”

Henk Lourens, Groep Uitvoerende: Strategiese Inisiatiewe by Capitec, voeg by: “Ons wil vermaak oral en te alle tye teen baie bekostigbare tariewe beskikbaar maak. Hierdie vennootskap is net die begin van ’n opwindende reis om die vermaaklikheidsbedryf te verander.”

In Augustus kan Showmax-kliënte die nuutste Showmax Originals en internasionale treffers kyk, terwyl die sokker premier-liga se nuwe seisoen ook nou afskop.