Lees ook: Toeris skok dood in jacuzzi tydens vakansie
LAS VEGAS, VSA. – Celine Dion het onlangs in ‘n onderhoud gesê sy gaan weer sing.
In die onderhoud met The National het sy gepraat oor haar siekte en hoe baie sy haar aanhangers mis.
Dion het in Desember 2022 aangekondig sy het stywemenssindroom, wat dit moeilik maak om te beweeg en om op te tree.
Dion het gesê sy sal weer sing na al die rehabilitasie en medikasie wat haar help. Sy het ook gesê sy het haar stem aangepas na sy besef het dit het jare gelede al moeiliker geword om te sing soos sy altyd het.
Die onderhoud is deel van ‘n dokumentêr wat vandeesmaand op Prime Video beskikbaar sal wees.
Bronne: BBC, Radio-Canada, The Canadian Press





