DA eis optrede ná 206 aanvalle op ambulanspersoneel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Altesaam 206 aanvalle op personeel van noodmediesedienste en noodvoertuie is oor die afgelope drie boekjare, van 2023/24 tot 2025/26, in die Wes-Kaap aangeteken. Die DA vra nou vir strenger optrede deur die polisie en die nasionale vervolgingsgesag om dié aanvalle hok te slaan.

Memory Booysen, die DA se Wes-Kaapse woordvoerder oor gesondheid en welstand, sê die meeste aanvalle is in die Metro-Noord-afdeling (32), Metro-Wes (21), Metro-Oos (19), Metro-Suid (17) en die Paarl (12) aangemeld. Volgens haar raak elke aanval op ambulanspersoneel nie net die slagoffers nie, maar dit stel ook pasiënte se lewens in gevaar weens vertragings in noodreaksie en mediese behandeling.

Die departement van gesondheid en welstand het self verskeie veiligheidsmaatreëls ingestel, waaronder risiko-gebaseerde ontplooiing, veiligheidsbegeleiding in hoërisikogebiede, voertuigopsporing, veiligheidsopleiding vir personeel en samewerking met gemeenskapspolisiëringsforums, buurtwagte, die polisie en plaaslike owerhede.

Booysen sê paramedici en ander nooddienswerkers stel daagliks hul eie veiligheid op die spel om lewens te red en moet beter beskerm word. Die DA doen ‘n beroep op die polisie om ondersoeke en inhegtenisnemings in sulke sake te prioritiseer, terwyl die NVG versoek word om vervolgings daadwerklik deur te voer sodat oortreders aanspreeklik gehou kan word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief