DA hof toe oor Tshwane-adjunkburgemeester

Lees ook :

Foto: DA

GAUTENG. – Die DA het ‘n aansoek by die Gauteng-hooggeregshof ingedien om die Stad Tshwane se besluit om Eugene Modise slegs ‘n boete op te lê, ter syde te laat stel. Dié adjunk- uitvoerende burgemeester en LUR vir Finansies het die gedragskode vir raadslede oortree.

Alderman Cilliers Brink, die DA se burgemeesterskandidaat vir Tshwane, sê die stad se eie forensiese ondersoek het bevind dat Modise glo versuim het om sy finansiële belange wat met Triotic Protection Services verband hou, wettig te verklaar. Volgens die DA het dié maatskappy kontrakte ter waarde van miljoene rande van die stad ontvang.

Die DA voer aan dat die ANC/ActionSA/EFF-koalisie Modise beskerm het deur hom net ‘n boete op te lê, eerder as om hom aanspreeklik te hou vir die oortreding. Die party meen die besluit is onwettig, onredelik en ondermyn die integriteit van plaaslike regering. Volgens Brink is dit onaanvaarbaar dat ‘n politikus wat toesig hou oor die stad se finansies, na bewering onverklaarde finansiële belange het in ‘n onderneming wat sake met die munisipaliteit doen. Hy sê die tydsberekening wek verdere kommer, aangesien uitgawes aan veiligheidswagdienste tydens Modise se ampstermyn tot honderde miljoene rande gestyg het.

Die DA vra die hof om die raad se besluit tersyde te stel en die saak terug te verwys vir heroorweging ingevolge die korrekte regsraamwerk. Die party sê hy sal die publiek op hoogte hou van verdere verwikkelinge in die hofsaak.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief