DA vra verduideliking oor regters wat glo staatsbehuising gebruik

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die Demokratiese Alliansie (DA) sê hulle verwelkom die stap van Dean Macpherson, die minister van openbare werke en infrastruktuur, om ’n uitsettingsproses te begin teen ’n regter wat glo staatsbehuising onwettig beset.

Luidens ‘n verklaring deur Nicholas Gotsell, DA-LP, mag staatsbates nie as persoonlike voordele gebruik word nie en is dit belangrik dat staatseiendomme volgens die wet bestuur word. Die party sê die betrokke regter, Daniel Thulare van die Wes-Kaapse-hooggeregshof, het intussen beweer dat regters in die Noordwes-provinsie steeds staatswonings mag gebruik as ’n “historiese voordeel”.

Volgens die DA skep dié bewering ernstige vrae en die party het nou ’n verduideliking van die minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, geëis. Die DA het ook parlementêre vrae ingedien om vas te stel of enige ander regters in Suid-Afrika, buiten die hoofregter, adjunkhoofregter en die president van die Hoogste Hof van Appèl, tans staatswonings bewoon en op watter regsgrondslag dit gebeur.

Die party sê hulle het ook ’n klag teen Thulare by die Regterlike Dienskommissie (RDK) ingedien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief