MPUMALANGA. – Veiligheidswagte het Sondag sowat 40 kg vermoedelike dagga onderskep tydens toegangsbeheer by die Malelane-hek van die Krugerwildtuin.
JP Louw, SANParke se kommunikasiehoof, sê die dagga is in ’n voertuig gevind wat aan ’n konsessiehouer van die park behoort. Die middel is gekonfiskeer en die saak is vir verdere ondersoek aan die polisie oorhandig.
SANParke sê dit handhaaf ’n geen-verdraagsaamheidsbenadering teenoor onwettige aktiwiteite in nasionale parke en werk ten volle met die polisie saam. Die organisasie sal nie verder kommentaar lewer terwyl die ondersoek voortduur nie.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: