Dainfern-leerling red polisiebeampte se lewe op Kei Mouth-strand

Lees ook :

Foto's: Dainfern College

OOS-KAAP en GAUTENG. – James Smith, ‘n gr. 11-leerling van Dainfern College, in Johannesburg, het onlangs, tydens die Desember-vakansie, die lewe van ’n polisiebeampte in Kei Mouth in die Oos-Kaap gered.

Dainfern College sê in ‘n sosialemediaplasing James het langs die strand gestap, toe hy gesien het hoe ‘n man met sy gesig na onder in die water dryf. James het dadelik die lewensredders se aandag daarop gevestig. Die man is sonder ‘n pols en tekens van asemhaling uit die water gehaal. Met sy noodhulpopleiding by Dainfern College het James onmiddellik KPR toegepas, nooddienste gekoördineer en boonop lewensredders en paramedici gehelp om die man te stabiliseer. James het vir ’n uitgebreide tyd KPR toegedien, lugwegondersteuning toegepas, ’n outomatiese eksterne defibrilleerder laat bring en nooddienste ontbied. Danksy sy kalmte, vinnige denke en mediese opleiding het die polisiebeampte sonder enige neurologiese skade herstel.

Ter erkenning van sy dapperheid is James amptelik deur die plaaslike polisie bedank, genooi om met lewensreddingsopleiding te help en is boonop deur die plaaslike munisipaliteit vereer.

James is ’n aktiewe lid van die Dainfern College First Aid-program en doen vrywillige werk in sy gemeenskap. Sy optrede beklemtoon die belangrikheid van noodhulpopleiding en die waarde van diens, leierskap en moed.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief