Renaye, vrou van David Kramer, die bekende Suid-Afrikaanse musikant, is Dinsdag (13 Oktober) onverwags oorlede. David het die nuus op sosiale media bekend gemaak.
Renaye en David was sedert hulle skooldae ‘n paartjie en het twee dogters, Jesse en Amy. David het gevra dat die familie se privaatheid gedurende hierdie hartseer tyd gerespekteer word. ’n Datum vir ’n viering van Renaye se lewe sal binnekort aangekondig word. Geen verdere besonderhede oor haar dood is bekend gemaak nie.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: