Derick Hougaard vra hulp en hoop op nuwe begin

Lees ook :

Foto: Derick Hougaard

Derick Hougaard, die voormalige Springbok-rugbyspeler, het hom tot sosiale media gewend met ‘n emosionele boodskap waarin hy sê hy verkeer in groot moeilikheid en hoop dat ‘n nuwe geleentheid oor sy pad sal kom.

Hougaard, wat Suid-Afrika tussen 2003 en 2007 as losskakel verteenwoordig het en ook vir onder meer die Bulls, Leicester Tigers en Saracens uitgedraf het, het gesê hy bid vir God se guns en dat hy glo enigiets is moontlik as mense saamstaan. Nadat sy plasing aandag getrek het, het Hougaard verduidelik dat dit wel hy is wat die boodskap gedeel het. Hy het gesê hy was lank laas op Facebook omdat hy privaatheid gesoek het en dat hy bloot op soek is na “‘n nuwe begin en uitdaging.” In ‘n latere kommentaar het Hougaard gesê hy is skaam om sy huidige omstandighede bekend te maak, maar dat dit ‘n werklikheid is waarmee hy moet saamleef. Hy het bygevoeg dat hy hoop “‘n engel” sal oor sy pad kom.

Hougaard het nie bekend gemaak waarna hy spesifiek verwys of watter hulp hy benodig nie. Sy plasing het egter talle boodskappe van ondersteuning van sosialemediagebruikers ontlok.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief