WES-KAAP. – Die Dieresorgvereniging van Suid-Afrika doen ’n dringende beroep op die publiek vir hulp nadat die erge storms hul hospitaal en noodvoorrade ernstig beskadig het.
Volgens die organisasie het swaar reën en sterk winde groot dele van hul perseel beskadig, met baie kos wat nou oneetbaar is. Intussen werk spanne aanhoudend om diere en gesinne in nood by te staan, terwyl ander personeel probeer om dienste aan die gang te hou. Hulle benodig dringend skenkings soos troeteldierkos, komberse, handdoeke en ander basiese items om na die diere om te sien.
Die organisasie sê enige hulp sal ’n groot verskil maak om hul werk voort te sit en om diere in hierdie moeilike tyd te beskerm.
- Aflaaipunte vir skenkings:
- 43 Woodburyweg, Kenwyn
- GummieBears Crèche, Plumstead
- The Pelican Restaurant, Houtbaai
- Forest Drive Veterinary Clinic, Pinelands
- Vet Point, Seepunt
- Aanlyn-skenkings:
Besoek hul webwerf: awscape.org.za/donation-form
Enigiemand wat geldelike bystand wil verleen, kan die vereninging se bankbesonderhede op sosiale media kry.





