DKD-beampte vas vir ‘smokkel van dwelms in gevangenis’

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – ’n Korrektiewedienste-beampte (36) is Donderdagoggend in die G4S- korrektiewe fasiliteit in die Mangaung-metro in hegtenis geneem nadat 149 Mandrax-tablette en saamgeperste dagga glo in sy kosblik gevind is.

Volgens lt.kol Thabo Covane het inligting die owerhede genoop om ’n onverwagte soektog te doen, waartydens die beampte se sluitkas en kosblik deursoek is. Tydens die deursoeking is die Mandrax-tablette, wat met maskeerband toegedraai was, asook saamgeperste dagga in ’n plastieksak, tussen die kos ontdek. Die beampte is daarna deur bestuurders van die G4S-sentrum en lede van Bloemspruit-polisie in hegtenis geneem.

Bloemspruit-polisiekantoor ondersoek ‘n saak van dwelmbesit. Die verdagte sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief